 Die proefuitleg bestaan uit 'n strook (6 rye) konvensionele verbouing, afgewissel met 'n strook differensiële verbouing – wat uiteindelik met behulp van 'n oesopbrengsmonitor gestroop word.
Die projek vorm deel van mev. Ntsikane Maine se Ph.D.-studie oor die ekonomie van presisieboerdery in die Bothaville-distrik.
Hierdie navorsing is 'n eerste in sy soort in Suid-Afrika omdat daar wetenskaplik gekyk word na die ekonomie van presisieboerdery.
Hierdie navorsing is 'n eerste in sy soort in Suid-Afrika omdat daar wetenskaplik gekyk word na die ekonomie van presisieboerdery.
“Die waarde van gedetailleerde grondopnames word wêreldwyd onderskat, terwyl grond die enigste veranderlike in oesopbrengste is wat se eienskappe konstant bly.
Senwes Landboudienste-afdeling se deelname aan dié kaliber projekte neem ons diens aan produsente om deur middel van doeltreffende grondgebruik hul risiko beter te bestuur, 'n tree vorentoe”, het mnr. Johan du Toit, Bestuurder: Landboudienste van Senwes, gesê .
|