Risk Management  on Cash Crops
Risikobestuur op Kontantgewasse

Volgende datum
Next date
Possibly 3rd week of October 2005

ARS (Agri Risk Specialists)

The two-day course on risk management on cash crops is presented in collaboration with ARS in Bloemfontein,
South Africa.
Mr Willie Vosloo
Chief Executive
ARS
Private Bag X15
Brandhof
Bloemfontein, South Africa
Tel. +27 (0) 51 407 3002
Fax +27 (0) 51 407 3004


Email the Centre for Agricultural Management
 for for further information on the course itself: duplesdm.sci@mail.uovs.ac.za

NEXT DATE
Postponed to third week of October 2005
ENGLISH & AFRICAANS COURSE RUNNING PARALLEL
In 'n land waar ongeveer 90% van die oppervlakte as aried en semi-aried geklassifiseer word, is die invloed van risiko op beplanning en besluitneming in die landbou baie groot en vind aksies gewoonlik plaas onder 'n toestand van onsekerhede en onvolmaakte kennis. Die tydsverloop van produksie-prosesse, klimaats- toestande, die vrye mark, internasionale mededinging, prys/kosteknyptang, droogtesiklusse, ensovoorts, dra by tot groter onsekerhede in die landbou. Om finansieel te kan oorleef, moet die moderne boer beskikbare tegnieke en die besluitnemingsproses in berekening bring om risiko te verlaag.
In 'n land soos Suid-Afrika waar ongeveer 90% van die oppervlakte as aried en semi-aried geklassifiseer word, is die invloed van risiko op beplanning en besluitneming in die land baie groot en vind aksies gewoonlik plaas onder 'n toestand van onsekerheid en onvoldoende kennis.

Wat is risiko?
Risiko is die waarskynlikheid van skade of verlies en word in finansiële terme gedefinieer as die waarskynlikheid van 'n finansiële verlies. Dit kan die boerderyonderneming se huidige winsgewendheid, die finansiële welstand of die likiditeitsposisie beïnvloed, asook die satisfaksie en welstand van alle betrokkenes in die onderneming. Daarom moet die moderne boer die beskikbare tegnieke in die besluitnemingsproses in berekening bring om:

die waarskynlikheid van die voorkoms van 'n negatiewe gebeurlikheid te verlaag, en/of
die risiko oor te dra deur gebruik te maak van versekering of verskansingstrategieë, en/of
die impak van 'n negatiewe gebeurlikheid, indien dit wel voorkom, te versag.

Twee tipes risikobestuurstrategieë word normaalweg op 'n plaas toegepas, naamlik op-die-plaas-strategieë en risiko-oordraging.

Risikobestuur behels eerstens die kwantifisering van risiko en die evaluasie van die effektiwiteit van verskillende risikobestuurstrategieë en maak gebruik van tyd en finansiële hulpbronne om risiko effektief te bestuur.

Tweedens is dit ook belangrik om risikobestuur in die regte konteks te plaas aangesien risiko en belonging gekorreleerd is. Geen boerderyonderneming kan enige opbrengs lewer sonder om risiko te neem nie. Die boer moet die afspeel tussen koste en die vermindering van risikoblootstelling en verwagte opbrengs op kapitaal evalueer. Die gekose strategieë sal varieer na gelang van die verhouding tussen die verskillende blootgestelde risiko's, die produsent se inkomste en welvaart (vermoë om risiko te verdra) en sy risikopersepsie.

Die verbetering van die produsent se risikobestuursvaardighede is verder van kardinale belang as daar gelet word op die menige veranderinge in die landboubesigheidsomgewing. Alhoewel hierdie veranderinge baie geleenthede skep, gaan dit ook hand-aan-hand met verhoogde risiko. Om 'n paar belangrike veranderinge uit te lig, die volgende:

Verhoogde prysrisiko as gevolg van handelsliberalisering.
Verhoogde produksierisiko as gevolg van verhoogde investering en kwaliteitsvereistes vir sekere produkte en strenger reëls met betrekking tot die gebruik van insette en medisyne vir diere.
Verhoogde mobiliteit van mense en diere, diereprodukte en plante mag lei tot 'n toename in die verspreiding van plant- en dieresiektes oor nasionale grense en verhoog sodoende produksierisiko in plant- en diereproduksie.
Klimaatsverandering sal ook produksierisiko beïnvloed, byvoorbeeld verhoogde frekwensie en intensiteit van sekere klimaatsgebeurlikhede.

Hierdie tweedagkursus bied aan die kursusganger die geleentheid om sy/haar risikobestuursvaardighede op alle vlakke en dissiplines binne kontantgewasverbouing te bemeester.

Die kursus word in vennootskap tussen die Universiteit van die Vrystaat se Sentrum vir Landboubestuur en Agri Risiko Spesialiste (ARS) aangebied.
In a country where approximately 90% of the area is classified as arid and semi-arid, the influence of risk on planning and decision-making in agriculture is very large and actions normally occur in a condition of uncertainty and imperfect knowledge. The time-lag of production processes, climate circumstances, the free market, international competition, price/cost squeeze, drought spells, etc. contribute to greater uncertainties in agriculture. To survive financially, the modern farmer must use available techniques to reduce risk in order to compute it in the decision-making process.
Taal/Language
Afrikaans and English course will be running parallel.
Plek aangebied
Location
Universiteit van die Vrystaat
University of the Free State
Doelwitte
Objectives
Na afloop van die kursus behoort die kursusganger in staat te wees om die effek van klimaat by besluitneming in ag te neem, besigheids- en finansiële risiko te kan bereken en metodes om risiko te bestuur, in 'n landbou-onderneming te kan toepas.
Die kursusganger sal ook in staat wees om die waarskynlikhede vir die voorkoms van goeie, normale en swak jare by die neem van finansiële besluite in ag te kan neem.
At completion of this module the participant must be able to compute the effect of climate in decision-making, to calculate business and financial risks and be able to manage and apply risks in an agricultural business.
The participant will further also be able to account the probabilities for the occurrence of a good, normal and poor year in making financial decisions.
Fasiliteerders en lesings
Facilitators and lectures
Bertus Kruger (ARS)




Inleiding tot Risikobestuur
Introduction to Risk Management
Bertus Kruger (ARS)
Metodes van Risikoverskanging
Methods of Risk Hedging
Dr Johan van den Berg (ARS/Enviro Vision)
Klimaat
Climate
Dr Piet le Roux (Dept. Soil, Crop & Climate Sciences, UFS):
Die rol van grond in gewasproduksie-risiko
The role of soil in crop production risk
Mr Gert Ceronio (Dept. Soil, Crop & Climate Sciences, UFS)
Agronomiese Produksiebesluitneming Decision-making regarding Agronomic Production
Prof. Neal McLaren (Plant Sciences, UFS)
Risiko van plantsiektes en plae
Risk of diseases and pests on plants
Dr Wimpie Nell (Centre for Agricultural Management, UFS)
Tipes en bronne van risiko
Types and sources of risk


Programme for English and Afrikaanse classes will be finalised at a later stage.
Email us for for further information: duplesdm.sci@mail.uovs.ac.za