Die moderne kontantgewasboerdery kan dit net eenvoudig nie meer bekostig om oorbodige arbeid of masjinerie in die boerderyonderneming te hê nie. Meganisasiekoste dra ongeveer 25% tot totale boerdery-uitgawes by en ongeveer 15% van bruto produksiewaarde. Arbeidskoste maak ongeveer 15% van totale boerderyuitgawes uit en ongeveer 9% van bruto produksiewaarde. In totaal beloop die twee uitgawe-items dus ongeveer 40% van totale boerderyuitgawes. Sorgvuldige beplanning van hierdie uitgawes het dus noodsaaklik geword om by te dra tot volgehoue boerderysukses.
|