![]() |
Departement Landbou-ekonomie
Universiteit van die Vrystaat
Posbus 339, Bloemfontein 9300
Suid-Afrika
Tel. +27 (0) 51 501 2557/3759
Faks +27 (0) 51 401 3473
|
|
||||||
Die Sentrum vir Landboubestuur is in Januarie 1994 gestig om boere, landboukundiges en landbou-adviseurs met bestuurskennis, -tegnieke en -vaardighede toe te rus. Die doel van die Sentrum is om volhoubare en winsgewende landbouproduksie in 'n hoogs mededingende omgewing deur middel van doeltreffender bestuur te bevorder.
Die Sentrum fokus op formele opleiding, informele opleiding (kort kursusse), samelewingsdiens en diensleer.
|
Die Sentrum bied met sy wye toelatingsmoontlikhede tot formele en informele opleidingsprogramme in landboubestuur 'n geleentheid vir die gemeenskap om saam met die Universiteit van die Vrystaat die behoefte aan hoë kwaliteit landboubestuursopleiding effektief aan te pak.
|
'n Aktuele, probleemgedrewe navorsingsprogram is 'n integrale deel van die opleiding. Onderrig geskied op 'n multidissiplinêre basis, wat verskeie vakdissiplines insluit.
|
'n Geheelboerderybenadering word toegepas om 'n omvattende besluitnemingsinslag by die studente e vestig, met klem op praktykgerigte opleiding.
|
Visie
|
Om 'n voorkeur-sentrum vir landboubestuur te wees vir formele en informele opleiding en navorsing in landboubestuur in Suid-Afrika en Afrika.
|
Missie
|
Die Sentrum vir Landboubestuur sal die hoogste standaard en kwaliteit landboubestuursopleiding deur middel van relevante formele en informele opleiding, navorsing en gemeenskapsontwikkelingsprogramme op streek-, nasionale en internasionale vlak verskaf.
|
Doelwitte
|
Om kwaliteit multidissiplin re informele kort kursusse in die landbou te ontwikkel met die doel om top landboubestuurders in Afrika op te lei om die boer/landboubestuurder se bestuurseffektiwiteit en kapasiteit te verhoog met die oog op volgehoue winsgewende landbou.
Om leerders toe te rus met die vereiste bestuurskundigheid, -tegnieke en -vaardighede deur middel van die holistiese sisteembenadering tot formele en informele landboubestuursopleiding.
Om 'n multidissiplin re nagraadse aksienavorsingsprogram te vestig om sodoende die uitdagings in die landbou in Afrika aan te spreek.
Om aktief betrokke te wees in die ontwikkeling van landboubestuursvaardighede van kommersiële en opkomende boere.
Om aktief betrokke te wees in diensleer- en gemeenskapsontwikkelingsprogramme.
|
