Die doelwitte van die kursus is om die student in staat te stel om:
 die impak van veranderinge in die vraag en aanbod van grane en oliesade in die wêreldmark en die Suid-Afrikaanse mark te kan evalueer;
 prysbewegings van grane en oliesade fundamenteel en tegnies te ontleed; en
 vooruitkontrakte, futures en opsies te verstaan en te kan gebruik om graanpryse te bestuur.
|