SA BOERE "MOET NA HOëR RAT OORSKAKEL"
Kundige deel boerderybestuurkennis in boek
Volksblad - Aktueel, Maandag 30 Mei 2005.
|
|
'n Boek oor landboubestuur vir die boer van die 21ste eeu. Dit is hoe dr. Wimpie Nell, direkteur van die Sentrum vir Landboubestuur aan die Universiteit van die Vrystaat, die boek "Strategic approach to farming success" beskryf wat hy met die hulp van Rob Napier van Australië geskryf het.
In 'n onderhoud met Charles Smith vertel Nell wat boerderybestuur behels:
|
|
Behalwe die moontlikheid van hernubare brandstof, watter ander uitkoms is daar vir die mielieboere?
|
Die goue reël is om slegs mielies te verbou op lande waar 'n goeie kans (hoër as 65%) is om wins te maak. Wat van groot belang is, is dat die boer meer op eie kapitaal in die boerdery moet staatmaak as wat die koste van kapitaal is. Om die berekening te doen, moet die boer se finansiële bestuur en rekordstelsel op 'n hoë vlak wees.
Die belangrikste antwoord op die vraag is die boer moet sodanig diversifiseer tussen verskillende gewas- en veevertakkings dat indien een vertakking soos mielies tans, se bodem uitval, dit nie die boerdery in finansiële probleme sal laat beland nie.
|
Kan 'n jong man pas uit universiteit of kollege nog geld gaan leen, 'n plaas koop en vee aanskaf om te gaan boer? Is daar raad vir sulke mense?
|
Jong boere kon nog nooit begin boer op 100% vreemde kapitaal nie. Twintig jaar gelede het ek gereeld boere teëgekom wat sonder eie kapitaal wou begin boer en die lewensvatbaarheidstudies het elke keer gewys dat dit nie sou werk nie. Toe het beginnerboere omtrent 50% eie kapitaal nodig gehad om te begin boer.
Vandag, waar die markprys van grond in die meeste dele van ons land heelwat hoër is as die produktiewe waarde (dit wat uigevoer kan word op die gegewe plaas) gaan die persentasie in die omgewing van 65% lê.
Daar is wel strategieë (metodes) wat beginnerboere kan volg om landbougrond te bekom. Dit verwys na die HOE in strategiese beplanning. 'n Strategie wat gevolg kan word, is om saam met 'n familielid te boer of as plaasbestuurder te werk vir 'n boer wat die kapitaal het om 'n plaas te koop, en dan stelselmatig aandele uit te koop en sodoende die grond bekom.
'n Ander Strategie is om grond te huur en stelselmatig los bates (masjinerie, toerusting en vee) te koop en sodra die beginnerboer genoegsame toerusting en vee het, grond te koop. Die produktiwiteit van direkte produktiewe bates (grond en vee) gaan natuurlik 'n deurslaggewende rol speel op die pad na boerderysukses.
'n Boer wat byvoorbeeld 'n speenpersentasie van 150% per jaar handhaaf, gaan makliker eiendom kan aanskaf as 'n boer wat in dieselfde omstandighede 'n speenpersentasie van 80% handhaaf. Die verskil tussen die twee voorbeelde lê bloot by die vlak van strategiese bestuurskapasiteit.
|
Hoe beskou julle syfermense die toekoms van grondpryse? Gaan dit nog verder verhoog of het dit 'n plafon bereik? Kan 'n veeboer in die Suidwes-Vrystaat R1 000 tot R1 500 per hektaar uitboer? Hoe?
|
Op lang termyn het grondpryse nog nooit in Suid-Afrika gedaal nie. Op korter termyn (vyf tot tien jaar) het ons wel gevind dat pryse skerp styg weens hoë produkpryse, om dan wanneer pryse daal, 'n "regstelling" te ondergaan. Die kanse om dus 'n "plafon" op lang termyn te kry, is dus uiters skraal. In die huidige landbou-omstandighede gaan dit moeilik wees om 'n grondprys van R1250 per hektaar "uit te boer".
|
Watter karaktereienskappe moet 'n suksesvolle boer hê?
|
|
Hoekom is dit vandag vir 'n Suid-Afrikaanse boer nodig om die bestuur van sy boerdery op te knap en die totale landbou voortdurend in die bestuursproses in gedagte te hou?
|
|
Moes mielieboere die krisis al 'n jaar of twee gelede gesien het? Hoe kan 'n mielie- of graanboer die huidige krisis bestuur?
|
|
Moet 'n gemiddelde veeboer in die Vrystaat sy kostevlaag, wat soos sprinkane op sy plaas toesak, net probeer beveg deur sy koste te besnoei? Op die ou einde gaan hy en sy gesin mos omtrent nie kan beweeg nie. Hoe dink 'n mens oor hierdie dinge?
|
|
Boere sê in die toekoms gaan al die plase deur 'n paar groot landbou-maatskappye besit word. Sal daar nog plek wees vir die plaas wat geslagte lank in die familie oorgedra word?
|
|
Veg die Suid-Afrikaanse boer nie maar net wanhopig teen 'n draak nie - gaan die draak van belastings, wette, wetteloosheid, prysskommelings en weersomstandighede hulle nie maar binne 'n jaar of twee onderkry nie?
|
|
Dink ons boere te tradisioneel oor boerdery? Is daar dalk opwindende moontlikhede voor die deur waaraan hulle moet werk?
|
|
Boer gaan sukkel met paaiemente
|
|
In die huidige omstandighede gaan dit moeilik wees vir 'n boer in die Suidwes-Vrystaat om R1 200/ha "uit te boer".
Die voorbeeld van 'n dubbeldoelskaapras word gebruik. Die drakrag in die Suid-Vrystaat wissel tussen 8 ha en 15 ha per grootvee-eenheid (GVE) of 1,3 en 2,5 ha per kleivee-eenheid (KVE). 'n Kleinvee-eenheid is nie gelykstaande aan 'n ooi nie!)
Die berekeninge word gemaak teen 'n reproduksiepeil van 130% speenlammers en 'n speenmassa van 44 kg per lam en 'n prys van R11/kg.
Item Rand per KVE:
Die paaiementjaar van grond oor 20 jaar teen 'n langtermynrentekoers van 15% gee jou R399. Die tekort na die paaiement-betaling is R169.
Dit is die bedrag wat beskikbaar is om kapitaal en rente te betaal en die huishouding te onderhou.
Uit bogenoemde berekening is dit duidelik dat indien daar nie ander eiendom is wat kan help betaal aan die paaiemente van hierdie grond nie, 'n bedrag van R1 250 per ha nie uit die produksie van die plaas betaal kan word nie.
|
|