Cobus Burger
Bestuurder: Presisieboerdery
Omnia Nutrilogie™
Volhoubare gewasproduksie is 'n vereiste vir 'n gesonde landboubedryf in Suid-Afrika.
Om volhoubaar te boer, is om ook winsgewend te boer. 'n Nie-winsgewende boerderyonderneming kan nie onbepaald voortgaan nie en is daarom nie volhoubaar nie. Elke produsent is op homself aangewese en kan nie op hulp vanaf byvoorbeeld subsidies staatmaak soos in sommige lande die geval is nie.
Verder is die verbruiker besig om die tipe en kwaliteit van produkte wat geproduseer moet word, aan die winkel, die verwerker en uiteindelik die produsent te dikteer. Hierdie situasie stel nuwe vereistes aan die produsent waarvan duidelik kennis geneem moet word.
|
BESLUITNEMING
|
Goeie besluitneming in 'n boerderyonderneming kan slegs gedoen word indien die boer goed ingelig is. Die stelling “Jy kan nie bestuur wat jy nie weet nie”, is ook in boerdery baie waar.
|
Intydse inligting , akkurate inligting en beskikbaarstelling van kundigheid, is wat vandag se produsent nodig het om volhoubaar te wees. Dit is dan ook hier waar presisieboerdery 'n belangrike komponent van die boerdery begin uitmaak.
|
Tegnologie in presisieboerdery bied vandag aan landbou die vermoë om inligting binne een meter akkuraat te plot. “Verteenwoordigende inligting” verander nou na “presisie inligting”. 'n Landeenheid kan nou in bestuursones opgedeel word deur die generering van landkaarte wat variasies uitwys in byvoorbeeld:
|
INLIGTING
|
Om presisieboerdery-inligting te genereer, is 'n koste; om op die inligting te reageer is 'n koste. Gevolglik is dit belangrik dat die produsent kennis moet dra van wat die finansiële implikasies gaan wees wanneer die boerderyonderneming by presisieboerdery-aktiwiteite betrokke begin raak. Oorhaastige besluitneming kan die produsent duur te staan kom. Die tegnologie wat gebruik gaan word, moet inkomste en ook volhoubaarheid verbeter. Dit is juis hier waar kundigheid 'n onlosmaaklike deel van presisieboerdery word. Daar is w reldwyd voorbeelde dat kundige advies in presisieboerdery, 10 maal meer inkomste genereer as die koste wat aan die toerusting spandeer is.
|
VOORBEELDE
|
Deur 'n verteenwoordigende grondmonster te neem, is vasgestel dat die gemiddelde pH(KCl) van 'n land 4,2 is. Indien dieselfde werkwyse van monsterneming gevolg word, maar elke monsterpunt (een hektaar per monster) word geografies geplot en geanaliseer, genereer ons nuwe inligting. Resultate sal pH-verskille (KCl) in die land uitwys wat byvoorbeeld van 4,2 tot 6,0 varieer. Die ekonomiese implikasie vir die produsent is dat kalk nie oor die totale oppervlak van die land toegedien hoef te word nie , maar slegs waar nodig. Dit kan insetkostes potensieel verlaag, die groeimedium (grond) balanseer sodat die totale oppervlak dieselfde pH het, en dit kan ook die risiko vir die seisoen deur byvoorbeeld gebalanseerde plantvoeding verlaag. Klimaatstoestande is gegewe en veroorsaak voortdurend stres op die plant gedurende die groeiperiode. Dit is dus belangrik dat daar gepoog word om elke plant optimaal te voed en sodoende weerstand teen stres te verhoog. Sodoende hoef daar nie op opbrengs of kwaliteit ingeboet te word nie.
|
Opbrengskaarte dui variasie in gewasopbrengste aan. Dele wat nie ekonomies produseer nie, kan uitgewys word. Ondersoek kan ingestel word omrede elke opbrengspunt 'n verwysingspunt het. Probleme kan daarom vroegtydig ge dentifiseer word voordat die gemiddelde opbrengste te ver daal.
|
VINNIGSTE RENDEMENT OP KAPITAAL
|
Fisiese grondeienskappe (tekstuur, kleur, gronddiepte, ens.) is die vervoermiddel wat grondchemiese-, opbrengs- en produkkwaliteitvariasies dryf. Solank die grond as groeimedium gebruik word, sal dit bogenoemde variasies be nvloed. Deur op hierdie inligting te reageer, kan daar alreeds in die eerste seisoen aanpassings gemaak word. Onmiddelik is die produsent in 'n posisie om groter inkomste te verdien en die presisieboerderyproses het 'n goeie afskop.
|
In teenstelling hiermee is gewasinligting 'n reaksie op grondeienskappe (chemies en fisies). Indien die produsent gewasinligting soos byvoorbeeld opbrengskaarte en/of satellietbeelde wil gebruik, is 'n paar jaar se inligting nodig om sones te identifiseer. Klimaatstoestande varieer van jaar tot jaar en gewasinligting verskil dus op 'n jaarlikse grondslag, wat besluitneming op slegs gewasinligting, baie bemoeilik. Grondeienskappe word oor die lang termyn bepaal en is 'n meer betroubare maatstaf vir vinnige besluitneming. Gewasinligting (opbrengskaarte en satellietbeelde) as wegspringplek, is nie goed genoeg om rendement op kapitaaluitleg binne een jaar te verdien nie. 'n Paar jare se inligting is nodig indien gewasinligting gebruik word.
|
TOEPASSING
|
Landbou in Suid-Afrika is in 'n bevoorregte posisie omdat ons grondinligting op 'n meer bekostigbare wyse kan insamel. 'n Gridmetode word deur Omnia gebruik, wat 'n baie intensiewe metode is. In die meeste ander w relddele is hierdie metode eenvoudig te duur en minder akkurate metodes moet gebruik word om grondinligting te genereer. Die metode wat Omnia gebruik, het tot gevolg dat ons Presisieboerdery vinniger, meer akkuraat en meer suksesvol kan toepas. In die Suidelike Halfrond is die gemiddelde opbrengste op ekstensiewe gewasse oor die algemeen laer as in die Noordelike Halfrond as gevolg van klimaat. Gewasse hier ervaar gouer en meer stres gedurende groei en rypwording. Deur sover moontlik faktore wat stres bevorder, te minimiseer, word opbrengste en kwaliteit van produkte verhoog en risiko verlaag.
|
SAMEVATTING
|
Landbou in Suid-Afrika is in 'n bevoorregte posisie omdat ons grondinligting op 'n meer bekostigbare wyse kan insamel. 'n Gridmetode word deur Omnia gebruik, wat 'n baie intensiewe metode is. In die meeste ander w relddele is hierdie metode eenvoudig te duur en minder akkurate metodes moet gebruik word om grondinligting te genereer. Die metode wat Omnia gebruik, het tot gevolg dat ons Presisieboerdery vinniger, meer akkuraat en meer suksesvol kan toepas. In die Suidelike Halfrond is die gemiddelde opbrengste op ekstensiewe gewasse oor die algemeen laer as in die Noordelike Halfrond as gevolg van klimaat. Gewasse hier ervaar gouer en meer stres gedurende groei en rypwording. Deur sover moontlik faktore wat stres bevorder, te minimiseer, word opbrengste en kwaliteit van produkte verhoog en risiko verlaag.
|
“Die swakste skakel in presisieboerdery is kundigheid,
nie toerusting en sagteware nie!!”
|